Untitled design (12) (1)

© Gareth van Nelson Fotografie

Sidney Gilroy is op Sondag, 1 Junie 1980 op Virginia gebore. Later verhuis hy saam met sy ouers na Harrismith in die Oos-Vrystaat. Hy matrikuleer in 1998 aan NHS in Kwazulu-Natal en hy studeer aan die Universiteit van Pretoria voordat hy ‘n loopbaan in die ingenieursbedryf volg.

 

Sy debuutroman, Klikbek, verskyn in 2019 by H&R en word vir die kykNET-Rapport-filmprys, die UJ-debuutprys en ‘n ATKV-Woordveertjie benoem.

 

In 2020 verskyn die opvolg, Middernag, wat in 2021 met die kykNET-Rapport-filmprys bekroon word.

 

In 2022 verskyn Vlam wat vir ‘n ATKV-Woordveertjie benoem word.

 

In 2024 verskyn Bloedsomer.

 

Sidney is ʼn digitale spesialis wat sy eie onderneming van uit Reebok in die Suid-Kaap bestuur, waar hy ook die afgelope paar jaar woon. Hy is ʼn versamelaar van ouer Afrikaanse boeke en ʼn kampvegter vir die voortbestaansreg van Afrikaans, Afrikaanse skrywers en Afrikaanse uitgewers.

 

Sidney skryf vir ontspanning en as stokperdjie.